Ek is al in 1972 toegewys na 1 Seinregiment, waaroor ek bly was. Aan die begin van die jaar kom ander eenhede se mense om troepe te werf. Ek onthou ook dat die Parabats daar was. Dit klink goed en om te dink jy kan die res van jou armylewe valskerm spring.
Natuurlik het ek (‘n kompulsiewe oefening ontduiker) ook in die tou gaan staan om te kyk of ek daar kan inkom. Gelukkig nie. Ek het later verneem dat die ouens nogal strawwe oefeninge moes doen en deurgaan voor hulle kon spring. Nie vir my nie.
Filed under: Uncategorized | Tagged: parabats